Stel u ‘n wêreld voor waarin duisende Afrikaanse boeke en musiek vir elkeen regoor die wêreld onmiddellik beskikbaar is. Waarin al die klassieke Afrikaanse werke, vertalings, kinder- en geskiedenisboeke, maar ook die jongste rillers en spioenasieverhale onmiddellik afgelaai en geniet kan word.
Klub digiTAAL wil die totale skatkis van Afrikaans digitaal ontsluit. Daarmee saam sal ons sekerlik Suid-Afrika en die wêreld verander, want vir die eerste keer sal ons taal en sy verlede vir almal blootgelê geword. Die hede sal nie meer regter kan speel teenoor die verlede nie aangesien albei aaneenlopend op die internet gehuisves sal word. Die geskiedenis van ons land sal letterlik ‘n oop boek wees. Ambisieus? Idealisties? Sekerlik. Onmoontlik? Beslis nie.
Die keuse van Afrikaanse e-boeke wat hier op Klub digiTAAL byeengebring word, is reeds verbysterend groot, maar sal met tyd nog veel groter word.
Neem deel aan die digiTALE avontuur en word lid van die eerste Afrikaanse e-boekklub.